Port Owen Where to Stay » Pelican View

Pelican View is langs die Bergrivier, Port Owen Kanaal in Velddrif gelee.   Dit is 146km vanaf Kaapstad, in die pragtige Weskus gebied.  Dit is stapafstand van Charlie’s Brewery in Velddrif en deel van Russel’s on the Port Restaurant, wat ‘n panoramiese uitsig oor Port Owen se kus bied.

Die huis het slaapplek vir 6 en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en leefare.   Die eerste kamer het ‘n koningingrootte bed en ‘n en-suite badkamer met ‘n stort en ‘n bad.   Die tweede slaapkamer het ook ‘n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer twee enkelbeddens.   

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware.  Daar is ook ‘n opwaskamer met ‘n wasmasjien en skottelgoedwasser.

Die sit area het ‘n gemaklike sitkamerstel en die leefarea lei na ‘n stoep met ‘n tafel en stoele.

Contact: Carol Burger0

083 458 1575

carol@mtnloaded.co.za