Soetcase Coffee & Gifts

Dwarskersbos Where to Eat » Soetcase Coffee & Gift Shop

Soetcase Coffee & Gift Shop

Pretkor Centre

8A Main Road

Dwarskersbos

Tel 079 112 5790

e-pos: soetcasedkb@gmail.com

Jy stap die een dag amper by die vaal gebou verby … Die volgende dag is dit ‘n skoon, helder geel vrolike koffie restaurant wat jou nader wink.  Dit is ook ‘n simboliese gedaanteverwisseling wat Danie, Estelle en Danelle en hulle betroubare personeel met die Soetcase Koffiewinkel reggekry het.  Die diverse kleure, geure en smake op die spyskaart is ‘n toonbeeld van die diverse voorkeure en smake wat kuiergaste spesiale aandag laat kry. Lekker drinkgoed, koek, gebak, blomme, geskenke, ornamente en ander juwele is ‘n trekpleister wat elke tipe vraag sal beantwoord en terselfdertyd die plaaslike talent bekendstel.

Stel ‘n besoek aan Soetcase, wat besig is om ‘n baken vir bymekaarkom te word in Dwarskersbos, uit en jy staan die kans om ‘n towersmaak of gebeurtenis vir ewig te mis!

Soetcase is oop vanaf Maandae – Vrydae vanaf 09h00 – 16h00 en Saterdae vanaf 09h00 – 14h00.